Vinniger, veiliger, makliker. Aanmeld by Google met een tik.
Gebruik jou Google-rekening om veiliger en makliker aan te sluit en aan te meld, sodat jy minder tyd aan gebruikername en wagwoorde bestee en meer tyd aan apps en werwe wat jy geniet.
-
Meld probleemloos aan
Skep nuwe rekeninge maklik en veilig of meld sonder ’n gesukkel met gebruikername en wagwoorde by jou gunstelingapps en -werwe aan.
-
Gebruik enige toestel
Geniet ’n probleemlose, bekende aanmeldervaring op al die blaaiers en toestelle wat jy gebruik, insluitend iOS en Android.
-
Beheer jou verbindings
Bly in beheer van jou apps en werwe deur rekeninginligting soos jou naam, e-posadres en profielfoto veilig te deel, en deur toegang tot Google-apps soos Drive te beheer.
-
Bly veiliger met Google
Neem afskeid van hergebruikte wagwoorde en swak aanmeldings. As jy jou Google-rekening gebruik om veilig aan te meld, hoef jy op minder apps en werwe staat te maak om jou wagwoorde te stoor – dus bly jou data veiliger.
Hoe om Aanmeld met Google te gebruik
Klik die Aanmeld met Google-knoppie op die app of werf
Kies ’n Google-rekening om te gebruik
As dit jou eerste keer is, moet jy die naam, e-posadres en profielfoto van
jou Google-rekening af deel om by die app of diens aan te meld
Sommige apps kan dalk vir ander inligting vra, soos jou adres of
foonnommer, wat jy enige tyd in jou Google-rekeninginstellings kan beheer
Gaan voort na die app of werf
Dit is dit! Nou is jy aangemeld!
Volgende keer kan jy dieselfde Google-rekening gebruik om maklik weer aan
te meld
-
Verstekveilig
Jy verdien ’n vinnige en veilige aanmeldproses. Aanmeld met Google help om jou teen derdepartydataskendings te beskerm deur die aantal plekke te beperk waar jou inligting aanlyn gestoor kan word.
-
Jy is in beheer
Bestuur die inligting wat jy kies om met elke derdepartyapp en -werf te deel, en dateer enige tyd jou instellings van jou Google-rekening af op.
-
Privaatheidontwerp
Google gebruik nie inligting of aktiwiteit van Aanmeld met Google af vir advertensies of enige ander Google-produk nie. Ons volg streng handhawing van verantwoordelike datapraktyke wat ontwerp is om jou privaatheid te respekteer.